Memoriumweg was op Woensdagoggend 9 Oktober tydelik gesluit weens ’n ernstige gaslekkasie by die Bloemfontein-krematorium.
Braam van Zyl, afdelingshoof by die Mangaung-brandweer, sê hulle was vroeg op die toneel en het die paaie afgesper.
Die brandweer het die waterpype skoongespuit en kundiges het die gaspype geseël. Die toneel is daarna veilig verklaar.