Die Suidelike Vrystaatse Rolbalvereniging (SFSBA) se meesterskampioenskappe word die naweek op die Facebook-blad Bowls 1Sport4Life uitgesaai.
Dié toernooi waaraan die Suid-Vrystaat se beste 12 mans en beste 12 vroue rolbalspelers gaan deelneem, vind by die Oudstudente rolbalklub plaas.
Bowls GoLive sal al die wedstryde tot by die finaal afneem en stroom sodat belangstellendes van oral oor kan volg.
Rolbalentoesiaste van al 20 distrikte in Suid-Afrika word aangemoedig om die uitsending te kyk en hul steun te wys om rolbal te bevorder.