Rolbalspelers gerat vir jaarlikse toernooi

Die jaarlikse nasionale rolbaltoernooi van die departement korrektiewe dienste vind vanjaar van 3 tot 7 Julie op die bane van die Orangiaklub plaas. Spel duur daagliks van 08:00 tot 17:00.


Die jaarlikse nasionale rolbaltoernooi van die departement korrektiewe dienste vind vanjaar van 3 tot 7 Julie op die bane van die Orangiaklub plaas. Spel duur daagliks van 08:00 tot 17:00.

Volgens Hennie Stander, president van Orangia, sal 96 spelers van al die provinsiale distrikte in die land deelneem in die onderskeie formate, naamlik enkelspel, pare en viere.

Die spanne is baie mededingend, maar die Vrystaat en Noord-Kaap tel onder die gunstelinge om met die louere weg te stap.

Die organiseerders sien daarna uit om die prestige-toernooi aan te bied, en toeskouers is welkom by die geleentheid.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.