Rolbalspelers wil wys selfs jonges kán balle laat klap

,

As jy steeds dink rolbal is net vir afgetredenes bedoel, gaan loer gerus die naweek van 29 Maart na die jonklomp wat in Bloemfontein saamtrek om die topspanne in die […]


As jy steeds dink rolbal is net vir afgetredenes bedoel, gaan loer gerus die naweek van 29 Maart na die jonklomp wat in Bloemfontein saamtrek om die topspanne in die land te bepaal.

Daar kom 276 spelers van so jonk as agt jaar oud tot jong volwassenes om aan vanjaar se Junior Rolbaltoernooi te kom deelneem.

Die jaarlikse nasionale rolbaltoernooi vir juniors vind van Saterdag 29 Maart af in Bloemfontein plaas. Die lede van die o.15A-Suid-Vrystaat-span is hoopvol dat dit sommer goed met hulle sal gaan. Die span speel al vier jaar saam. Van links is Galaletsang Seitheisho (14) van die Hoërskool Sand du Plessis, Erich Boje (10) van die Laerskool Willem Postma, Xander Nikolov (15) van die Hoërskool Jim Fouché en Ewald Boje (14) wat tuisonderrig ontvang. Lees meer op bl 8. Foto: Lientjie Mentz

Vanjaar is daar 16 o.15-spanne en 26 o.18-spanne wat dit om die topplekke by die Orangia-rolbaalbaan uitspook.

Die 108 o.25-spelers speel weer soos verlede jaar by die Oud-studente-rolbalklub se bane.

Rudolph Delport, president van die Orangia-rolbalklub, sê die Suid-Vrystaat het afgesien van die A- en B-spanne in elke afdeling, ook ‘n ontwikkelingspan ingeskryf van spelers wat minder as een jaar rolbal speel. Die toernooi begin Saterdag met die amptelike opening om 09:15 en uitspeelwedstryde vir die wenners vind Dinsdag 1 April plaas.

Delport sê jonger spelers raak toenemend by die spel betrokke.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.