Rooi ligte flikker oor instandhouding

Die afwesigheid van sigbare wetstoepassing, die chaotiese toestand van die stad se verkeersligte en dowwe verkeerstekens wat ’n nuwe laag verf benodig, vererger die gevaar wat reeds deur onverskillige bestuurders in Bloemfontein veroorsaak word.


Die afwesigheid van sigbare wetstoepassing, die chaotiese toestand van die stad se verkeersligte en dowwe verkeerstekens wat ’n nuwe laag verf benodig, vererger die gevaar wat reeds deur onverskillige bestuurders in Bloemfontein veroorsaak word.

Van die stad se verkeersligte gaan by die dag agteruit, en dié wat weens talle ongelukke omgery word, word slegs verwyder en selde vervang.

Hierbenewens werk honderde gloeilampe in verkeersligte nie, sodat bestuurders dikwels moet soek watter verkeerslig werk en probeer vasstel watter kleur die ligte in die kruising is.

Werner Pretorius, DA-raadslid van wyk 20, sê in ’n brief aan amptenare dat die toestand van verkeersligte in Brandwag, Dan Pienaar, Heuwelsig en dele van Westdene, asook in die groter Mangaung, uiters kommerwekkend is.

“Talle verkeersligte werk nie, is omgery of is op die punt om om te val. Die gebrek aan onderhoud veroorsaak dat motoriste en voetgangers aan lewensbedreigende omstandighede blootgestel word.”

Van die talle verkeersligte waaroor hy sy kommer uitspreek, is die een op die hoek van Harry Smith- en Highstraat (uit Happy Valley) en een vir verkeer uit die noorde waar Genl. Dan Pienaar­rylaan en Brilstraat kruis – albei slaan direk van groen na rooi oor sonder die waarskuwende oranje ligte.

Pretorius vra dat die Mangaung-metro instandhouding doen op verkeersligte in wyk 20 wat buite werking is deur gloeilampe te vervang en instandhoudingswerk te doen waar nodig.

Hy vra ook dat verkeersligte wat verwyder is, vervang word en dat ’n behoorlike oudit van Mangaung se verkeersligte gedoen word.

In die skrywe versoek hy dat behoorlike instandhouding aan die infrastruktuur gedoen word.

Pieter du Plessis van VR Security sê dié ambulans- en noodreddingsdiens was tot 30 Augustus by 374 ongelukstonele in Augustus in en om die stad. “Die mense ry ons verkeersligte die een ná die ander om.” sê hy.



)
Bloemnuus
het navrae oor ’n instandhoudingsplan en die vervanging van verkeersligte aan die munisipaliteit gerig, maar het teen druktyd nog geen terugvoering gekry nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.