‘n Brand wat waarskynlik in die veld agter die DBV ontstaan het, het Woensdag (13/07) al langs die grensdraad van die Schoemanspark-motorwedrenbaan versprei.
Tjaart Slaiter van Schoemanspark Speedway sê hy is 15:00 van die brand in kennis gestel en het hom na die renbaan gehaas. Hier het hy gekeer dat die brand verder versprei deur bande langs die grensdraad te verwyder en ook die gras langs die brand nat te gooi.
‘n Groot hoop bande wat in die hoek van die perseel lê, het erg gebrand.
Slaiter sê die gras om die renbaan word kort gehou om brandgevaar te beperk. Die bande wat al op die grensdraad is, het aan die een kant almal uitgebrand.
Die brandweer was daar om die brand te blus.
Talle Bloemfonteiners was gister benoud oor die erge pikswart rookwolk wat naby Tansnet-gronde gehang het.
Chris van die Walt van die Bloemfonteinse brandweer het kort na 15:00 ‘n boodskap op ‘n WhatsApp-groep geplaas wat sê dit is buitebande naby die Transnet-gronde of binne die gronde. Dit is naby Schoemanspark Speedway.
Hy het gesê alles is onder beheer en Transnet se brandweer is ook op die toneel.
Dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.