Roosfees bied kleur en genot aan blomliefhebber

Inwoners van die Noorderbloem-aftreeoord het Woensdag (26/10) met hul mooiste rose gespog.


Met die kampioenroos uit een van die gemeenskaplik

Met die kampioenroos uit een van die gemeenskaplike tuine is hier van links Rina Britz, Manie Wolvaardt (organiseerder) en Jan Pretorius.
Die derde of laaste week van Oktober is tradisioneel die tyd waarop Bloemfontein se rose op hul mooiste is.

Weens die vlagie winterreën en dié reën wat reeds in Oktober in die stad geval het, asook die vroeë hitte vanjaar, was die rose beslis hier aan die begin van Oktober op hul heel mooiste in die stad.

Nogtans het dit nie inwoners van die Noorderbloem-aftreeoord gekeer om pragtige rose in te skryf vir die oord se jaarlikse roosfees nie.

Dié roosfees is Woensdag (26/10) in die oord se saal aangebied en die publiek kon na die rose gaan kyk.

Manie Wolvaardt, organiseerder van die kompetisie, sê die saal spog nou nie vanjaar met sy gebruiklike oorvloed nie, maar daar was steeds besonderse inskrywings.

p

Ina Wilken met een van haar inskrywings vir die afdeling van trosrose. Ina het al die pryse in dié afdeling sowel as die Hercules Pretorius-trofee vir die meeste punte op die skou gewen.
Rina Britz en Jan Pretorius het die Gerald van Heerden-trofee gewen vir die edelroos wat hulle ingeskryf het uit een van die gemeenskapstuine wat hulle saam onderhou.

Hulle het ook goud gewen in die edelroos-afdeling.

Ina Wilken was die groot wenner van die dag. Sy het skoonskip gemaak en goud, silwer en brons gewen in die afdeling vir trosrose. Sy het ook die Hercules Pretorius-trofee vir meeste punte en die kategorie vir ’n spesiale aanbeveling gewen.

Hettie Eksteen het silwer in die edelroos-afdeling gewen en Marietjie Marais het brons in dié afdeling verower.

Elize Lombard (links) en Janet Coetzer het pryse g

Elize Lombard (links) en Janet Coetzer het pryse gewen vir hul pragtige miniatuurrose.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.