Roosknoppies se inskrywings ingewag

Fraaie meisies kan weer ingeskryf word vir die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus se jaarlikse Roosknoppie-kompetisie.


Fraaie meisies kan weer ingeskryf word vir die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus se jaarlikse Roosknoppie-kompetisie.

Meisies wat op 5 November drie of vier jaar oud is, kan vir die kompetisie ingeskryf word. Geen ander ouderdomme kwalifiseer nie.

Ouers kan van vandag (29/09) tot Vrydag 28 Oktober om 12:00 hul dogtertjies inskryf. Geen inskrywings sal hierna oorweeg word nie.

Sodra die inskrywings gesluit het, sal al die foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas word.

Die roosknoppie met die meeste stemme op Bloemnuus se Facebookblad, sal ’n spesiale prys ontvang.

Tien finaliste sal uit al die inskrywings gekies word wat dan op Saterdag 5 November aan die finale ronde in die Loch Logan-waterfront sal deelneem.

Mej. Roosknoppie en haar twee prinsesse sal op dié geleentheid gekroon word.

Die wenners sal in Bloemnuus van 10 November verskyn.

Hou Bloemnuus en die Loch Logan-waterfront se Facebook-blad dop vir meer inligting oor Mej. Roosknoppie.

Ouers kan hul dogtertjie inskryf deur ’n e-pos, met “Roosknoppie 2022” in die boodskapveld, na reception@lochlogan.co.za te stuur.

  • Die e-pos moet die volgende inligting bevat: Een duidelike kop-en-skouerfoto (groter as 200 KB), in jpeg-formaat, van die Roosknoppie. Geen ander formaat is aanvaarbaar nie. ) Roosknoppie se noemnaam en van.) Roosknoppie se ouderdom en geboorte­datum (dag / maand / jaar).) Roosknoppie se woonplek (slegs woonbuurt of dorp).) Ma se naam, van en selfoonnommer.) Pa se naam, van en selfoonnommer.

Waar van toepassing, kan die naam van een of albei ouers met dié van ’n primêre voog vervang word.

Deur hul dogtertjie in te skryf gee ouers of voogde toestemming dat die meisie se foto op Bloemnuus en die Loch Logan-waterfront se Facebook-blad, asook die Loch Logan-waterfront se Instagram-profiel, gedeel mag word.

In dié manier word toestemming ook gegee dat die Roosknoppie se foto in Bloemnuus kan verskyn waar van toepassing.

Ouers of voogde moet in die e-pos aandui dat hulle van dié reël kennis neem.

  • Die finaliste sal in kennis gestel word en hulle sal in Bloemnuus van 3 November bekend gemaak word. Sien Bloemnuus op 6 Oktober vir meer inligting oor die Matriekrok-kompetisie wat ook vanjaar deur die Loch Logan-waterfront en Bloemnuus aangebied gaan word.) Skakel 051-448-3607 vir meer inligting of stuur ’n e-pos na reception@lochlogan.co.za.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.