Die Cheetahs pak die Bulle Vrydag (24/03) om 17:05 in die Toyota-stadion in Bloemfontein. Om 14:30 ding die o.20-spanne teen mekaar mee.
Kaartjies is by die stadion en op ticketpros.co.za beskikbaar, en kos R50 vir sitplek op die hoofpaviljoen en R30 vir plek op die oop paviljoen. Studente en kinders betaal R20.
Refentse tree op as gaskunstenaar.