Ná die naelbytstryd Saterdag (02/07) in Pretoria tussen Suid-Afrika en Wallis, is dit die naweek Bloemfontein se beurt om ’n stadion vol te pak om die Springbokke te ondersteun.
Op Loftus Versfeld was daar die naweek 51 762 toeskouers en die Vrystaatse rugbyunie glo dat Springbok-ondersteuners ook Saterdag (02/07) in groot getalle sal opruk na die Toyota-stadion.Ross van Reenen, uitvoerende hoof van die Vrystaat Cheetahs sê dié unie is dankbaar dat stadions nou tot kapasiteit gevul kan word vir dié groot toets.“Dink net die heerlike atmosfeer wat sal heers as daar 46 000 toeskouers by die toets in Bloemfontein is. Niks sal vir ons meer vreugde bied as ’n vol stadion nie.
”Dit is meer as vier jaar sedert die stadion in Bloemfontein op 16 Junie 2018 ’n toets gehuisves het – die tussen die Springbokke en Engeland. Voor Saterdag se naelskraap-oorwinning (32-29) was die bokke se vorige oorwinning oor Wallis op 6 November 2021 in Cardiff waar die Bokke 23-18 gewen het.Kaartjiepryse vir Saterdag wissel tussen R150 en R750 en is slegs beskikbaar by die Toyota-stadion se kaartjiekantoor in Kingsway en by hekke 6 en 9 van Maandag tot Vrydae 08:00 tot 18:00 of Saterdag van 08:00 tot 12:00 by die stadion.
Kaartjies kan ook op die webwerf ticketpro.co.za of by enige Spar-winkel op dié webwerf gekoop word.SA Rugby waarsku ondersteuners om nie op onwettige plekke kaartjies te koop nie, omdat dit nie geldig sal wees nie.Die Vrystaatse Rugbyunie sê ondersteuners moet ’n gedrukte kaartjie, pdf-uitdruk of elektroniese weergawe van die toetskaartjie saambring vir toegang by die hekke.
Kaartjies sal nie die dag van die wedstryd by die stadion afgehaal kan word nie, so dit moet vooraf gedoen word.Die hekke open om 12:00. Die kunstenaars Ricus Nel, Bernice West, Francois Bouwer, Franja du Plessis en Zak Steyn tree van 13:00 af by die Castleverhoog op en daar sal ook kosstalletjies wees.
Die wedstryd begin om 17:00.