Rumé laat rekords spat

,

Die rekords het behoorlik gespat toe Rumé Burger van die Hoër Meisieskool Oranje die baan op die Vrystaat Hoërskole Atletiek-byeenkoms 8 Maart in Sasolburg getref het. Sy het twee byeenkomsrekords […]


Die rekords het behoorlik gespat toe Rumé Burger van die Hoër Meisieskool Oranje die baan op die Vrystaat Hoërskole Atletiek-byeenkoms 8 Maart in Sasolburg getref het.

Sy het twee byeenkomsrekords verbeter en twee aflosspanne gehelp om nog rekords te verbeter.

In die 200m vir meisies 17 jaar het sy Ansulet Potgieter se rekord wat in 2008 opgestel is, verbeter van 24.85 na 23.76.

Rumé Burger het die naweek die rekords laat spat tydens die Vrystaat Hoërskole Atletiek-byeenkoms in Sasolburg. Foto: Buks Strauss

Net so het sy die 100m vir meisies 17 jaar verbeter van 12:00 na 11.70. Die rekord is opgestel deur ‘n leerling van Jim Fouché in 2003.

Die rekords vir die aflos 4x100m meisies o.17 waarvan Rumé, Elizabeth Fick, Danyelle Pienaar en Annelize van der Merwe lede was, het die rekord wat in 2022 deur Oranje opgestel is verbeter. Rumé het ook vir die o.19-afslosspan gehadloop en saam met Elizabeth, Diné le Roux en Nécke Verster die vorige rekord wat deur Oranje in 2023 opgestel is, verbeter.

Oranje se naelopers het in al 19 items waarin hulle gehardloop het, eerste of tweede plekke behaal.

Die skool se atlete het in al vyf die ouderdomsgroepe eerste plekke in korthekkies (90m) behaal.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.