Emma Beth Botha, ’n tuisskoolleerling van Bloemfontein, is tweede in afdeling B, vir leerlinge tien tot 14 jaar oud. Foto: Verskaf


Leerlinge van oor die Vrystaat heen se kunswerke is beoordeel, en die wenners is op Saterdag 28 September aangewys, in die Nasionale Museum in Bloemfontein se Jong Kunstenaars-kunskompetisie.

Jongmense is genooi om ’n kunswerk te maak met “Bestry droogte Z verken herstelvermoë en skeppendheid” as vanjaar se tema. Hulle is gevra om die prag, uitdagings en skeppende oplossings vir landskappe wat deur droogte geteister word met hul kuns te toon.

Die kompetisie was oop vir leerlinge van vyf tot 19 jaar oud. Hulle kon gebruik gemaak van ’n verskeidenheid mediums en ook twee- en driedimensionele werke skep wat die tema uitbeeld.

Afdeling A (leerlinge vyf tot nege jaar)
  • Eerste: Zadi-El Williams van die Missio Dei Christian School in Ficksburg.
  • Tweede: Oratilwe Tlhomelang van die Laerskool Koot Niemann in Bloemfontein.
  • Derde: Marika Strydom van die Laerskool Willem Postma in Bloemfontein.

    Afdeling B (leerlinge tien tot 14 jaar)

  • Eerste: Nina Marais van die Laer Meisieskool Oranje in Bloemfontein.
  • Tweede: Emma Beth Botha van die Power-tuisonderrigskool in Bloemfontein.
  • Derde: Albert Thabede van die Dr. Viljoen Combined School in Bloemfontein.
Afdeling C (leerlinge 15 tot 19 jaar)
  • Eerste: Ronan Mariceoic van Welkom-Gimnasium in Welkom.
  • Tweede: Tshiamo Moerane van die Petunia Secondary School in Bloemfontein.
  • Derde: Lorenza Sardinha van Welkom-Gimnasium in Welkom.

Christo Venter van die Nasionale Museum het die wenners gelukgewens met hul pryse en die goeie werk wat hulle gelewer het.

You need to be Logged In to leave a comment.