SA se naam hoog gehou

Ná twee jaar kon Suid-Afrikaners weer aan die wêrelddanskampioenskapsbyeenkoms in Blackpool, Engeland, deelneem. Dit is van 24 tot 26 Junie aangebied.


Ná twee jaar kon Suid-Afrikaners weer aan die wêrelddanskampioenskapsbyeenkoms in Blackpool, Engeland, deelneem. Dit is van 24 tot 26 Junie aangebied.

Senicia du Toit-Breytenbach, visevoorsitter van die Suid-Afrikaanse Dansinstrukteursvereniging (Sadta) in die Vrystaat, sê die Vrystaatse dansers het uitstekend gevaar.

Junior Dilape (17), ’n leerling aan Curro Bloemfontein, het uitgeblink deur vier wêreldkampioene in sy afdeling te verslaan. Hy het twee wêreldkampioen­skapstitels, in freestyle en slow­dance, verower.

Hy dans by die Just Dance-ateljee.

Boonop gaan Junior in September aan die Internasionale Dans­organisasie (IDO) se wêreld­kampioen­skaps­byeenkoms vir diskodans en disko-freestyle in Swede deelneem.

Bailee Forster (12) van die Laer Meisieskool Oranje, wat by Dance Domination Senicia du Toit (DDSdT) dans, was sesde in die o.14-hoofkampioenskap vir freestyle, asook in haar slowdance-solo. Sy het teen 21 ander dansers meegeding.

Emile Redelinghuys (DDSdT) was sesde in die o.18-mans­kampioenskap in die afdeling vir slowdance.

Chanel Vorster van DDSdT was onder die nege topdansers in slowdance en onder die tien topdansers in freestyle vir dansers o.18.

Chanel was ook saam met Cara van der Bijl (DDSdT) onder die top tien in die pare-kompetisie vir freestyle.

Cara het ook goed in slowdance gevaar en in freestyle vir dansers o.18.

Xandalee Coetzee (16) van DDSdT het die kwarteindronde in die wêreldkampioenskap-afdeling gehaal.

Emile Redelinghuys van Teneo-tuisonderrig (DDSdT) was onder die tien topdansers in Freestyle vir solo-dansers o.18.

Fundokuhle Molaba en Orefile Kgamanyane (albei 11) van Just Dance (Curro) was derde in die pare-kompetisie vir freestyle se ondersteunende afdeling.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.