Saamsing en omgee deel van dié lesplan

Engo se gelukbringer, Omgie, het by verskeie skole oor die stad heen gaan kuier om kinders te leer om vir ander, maar ook vir hulself, om te gee.


Engo se gelukbringer, Omgie, het by verskeie skole oor die stad heen gaan kuier om kinders te leer om vir ander, maar ook vir hulself, om te gee.

Leerlinge aan die Laerskool Sand du Plessis, die Laerskool Willem Postma en Grey-kollege (primêr) het op 28 November met Omgie die lirieke van Bernice West se liedjie “Lyfie” geleer en saamgesing.

Marinique du Plessis, maat­skaplike werker by Engo, sê die doel van die dag was om kinders te leer om vir minderbevoorregtes om te gee, maar ook om vir hulself lief te wees.

Sy sê by al die skole is leerlinge wat die liedjie sing, opgeneem. Al dié video’s is met Bernice gedeel.

“Dit was ’n heerlike oggend,” sê du Plessis.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.