Prof. Jonathan Noble en Musa Shangase, direkteur van Corobrik by SAIA se eerbewysgeselligheid.Foto: Verskaf


Twee lede van die Vrystaat en Noord-Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte (SAIA) het eerbewyse op die jaarlikse gala-geleentheid op Woensdag 26 April in Johannesburg ontvang.

Prof. Jonathan Noble het ’n merieteprys vir sy navorsingsprojek oor die argitektuur van Peter Rich ontvang.

Die Universiteit van die Vrystaat se nuwe modulêre ruimte en assesseringssentrum ontwerp deur Roodt-argitekte en GXY-argitekte, het ook ’n meriete-eerbewys op die geleentheid ontvang.

Daar was vanjaar 42 projekte insluitend twee navorsingsprojekte voorgelê aan die Nasionale Eerbewysprogram se paneel beoordelaars wat die beoordeling in twee fases oor twee jaar gedoen het.

Eers is streekswenners aangewys waaruit inskrywings benoem is vir aanbeveling, meriete-eerbewyse of eerbewyse van uitnemendheid vir besonderse ontwerp in argitektuur.

Amira Osman, SAIA-president en sameroeper van die Corobrik-SAIA-eerbewyse se paneel van beoordelaars, sê die eerbewysgeleentheid is ’n belangrike gebeurtenis op Suid-Afrikaanse kalender vir argitekte.

“Dit is ’n geleentheid waarop uitnemendheid in die professie gevier word en dit het ’n impak op die vorming van ons huise, woonbuurte en stede en voeg waarde tot ons daaglikse lewe en ervarings by,” het sy oor die pryswenners gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.