Sakelui moedeloos oor lang tye sonder elektrisiteit in Bloem

Die voortdurende beurtkrag en gereelde kragonderbrekings weens herstelwerk aan die infrastruktuur in Bloemfontein, lei tot groot frustrasie onder sakelui en inwoners.


Die voortdurende beurtkrag en gereelde kragonderbrekings weens herstelwerk aan die infrastruktuur in Bloemfontein, lei tot groot frustrasie onder sakelui en inwoners.

Henry Denner, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, sê in ’n verklaring hy het klagtes van talle ondernemings gekry soos hoenderboere, haarsalonne, slaghuise, supermarkte en selfs kleuterskole.

“Die plaaslike ekonomie ly reuse-skade omdat ondernemings nie met slegs drie ure se kragvoorsiening en sonder water kan funksioneer nie.”

Hy sê die krisis word vererger deur die versengende hittegolf wat nou in die Vrystaat ondervind word.

“Die ANC-regering se onvermoë en tekort aan politieke wil om infrastruktuurinstandhouding en -verbetering te prioritiseer, het daartoe gelei dat die reeds bestaande elektrisiteitskrisis vererger.”

Intussen het die DA ook Maandag met Centlec se uitvoerende hoof, Malefane Sekoboto, en senior bestuur vergader en verskeie voorstelle is bespreek hoe proaktief oplossings gesoek kan word vir die probleme wat deur beurtkrag veroorsaak word.

“Centlec het bevestig dat talle gevalle waar hulle aan die kragnetwerk moet werk, deur beurtkrag veroorsaak word. Centlec het nie in sy begroting voorsiening gemaak vir beurtkrag en die tegniese toerusting is ook nie ontwerp om gereeld aan en afgeskakel te word nie,”

Die leier van die DA se Mangaung-koukus, Johan Pretorius, sê die vergadering is gehou om uit te vind waarom daar so baie kragonderbrekings in die metro is.

“Centlec het bevestig dat talle gevalle waar hulle aan die kragnetwerk moet werk, deur beurtkrag veroorsaak word. Centlec het nie in sy begroting voorsiening gemaak vir beurtkrag en die tegniese toerusting is ook nie ontwerp om gereeld aan en afgeskakel te word nie,” sê Pretorius.

Albei partye het ’n beroep op Centlec gedoen om reservoirs vry te stel van beurtkrag sodat die krane nie ook nog droog loop weens die heftige berugkragskedule wat nou geld nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.