‘n Bekende en geliefde sakeman van Bloemfontein, Riaan Badenhorst, het op 16 Maart in sy huis aan ‘n hartaanval gesterf.
Stefan de Beer, sy lewensmaat van die afgelope 19 jaar, sê Badenhorst was nie voorheen siek nie en sy dood het as ‘n groot skok vir hulle gekom.
Badenhorst en JJ du Preez het in 1999 saam The Embroidery Workshop begin.
Badenhorst was ‘n oudleerling van die die Hoërskool Sentraal. Hy het sy lewe lank in Genl. Hertsogstraat in Dan Pienaar gebly, hoewel in verskillende huise.
Reeds as student was hy ‘n skrander sakeman, wat klere uit sy motor se bagasiebak en later uit sy ouers se motorhuis verkoop het.
De Beer sê Badenhorst was baie lief vir reis en het talle lande oor die wêreld heen besoek. Hy het ‘n besondere liefde vir Singapoer en Rio de Janeiro gehad.
“Ek sal hom altyd onthou as die een wat my bederf het en my onwoorwaardelik lief gehad het,” sê De Beer.
“Ons sal hom onthou vir sy gasvryheid en goedhartigheid. Sy kliënte mis hom.”
‘n Intieme gedenkdiens, waarop net familie teenwoordig was, is op Vrydag 21 Maart gehou.