Samewerking bring verandering in woonbuurt in Bloemfontein

Meer as 25 ton teer is al gebruik om twee strate in Parkwes, Bloemfontein, wat byna in grondpaaie verander het, te teer.


Meer as 25 ton teer is al gebruik om twee strate in Parkwes, Bloemfontein, wat byna in grondpaaie verander het, te teer.

Die herstelproses wat vroeër die week begin het, kom danksy die bydrae van ondernemings en lede van die gemeenskap.

DA-wetgewerlid en voorsitter van die wetgewer se komitee vir paaie, vervoer en menslike nedersettings, David van Vuuren het Dinsdag die omgewing besoek waar Calvynsingel en John Knoxstraat nou geteer word.

Tjaart van der Walt, DA-wyksraadslid vir wyk 23, sê die gemeenskap vra al vir agt jaar in die ruimtelike ontwikkelingsplan van die Mangaung Metro dat dié strate te herstel moet word.

Nou het die gemeenskap en spesifiek Hancor Dairy, Raubex en Kings Landing-studente-akkommodasie asook die Universitas/Parkwes-woonbuurvereniging en wyk 23 asook individue skenkings van tussen R500 en R2 000 gemaak om te help met die teer van dié strate. Van der Walt sê daar is reeds R45 000 bestee op teer en Raubex verskaf arbeid om die strate te herstel.

Die werk sal volgende week voortgesit word. Lede van die gemeenskap wat nog ’n bydrae wil lewer, kan ’n e-pos stuur na universitasparkwes@gmail.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.