Groot opgewondenheid heers oor Applous wat weer in sy volle glorie terug is.

Dié Vrystaatse streekfees, deel van die ATKV se landwye Applous-koorfees, vind Maandag (16/05) om 18:00 by die Hoër Meisieskool Oranje plaas. Die room van die Vrystaat se kore sal hier optree.

Kore ding in streekverband mee om goue, silwer- en brons-eerbewyse.

Elke koor sing ’n Afrikaanse koorwerk deur ’n Suid-Afrikaanse komponis, ’n lied in een van die land se amptelike tale (afgesien van Afrikaans en Engels) en ’n koorlied in enige taal. Nuwe werke word ook geskep.

Die eindrondes vind vanjaar in die noorde en die suide van die land plaas. Die eerste eindronde vind van 28 tot 30 Julie in Pretoria plaas, terwyl die tweede van 4 tot 6 Augustus in Stellenbosch aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.