Santam gee Anchor of Hope ’n hupstoot

Vir al die wonderlike werk wat Anchor of Hope by openbare ruimtes oor die stad heen doen, is daar ook maar uitdagings.


Vir al die wonderlike werk wat Anchor of Hope by openbare ruimtes oor die stad heen doen, is daar ook maar uitdagings.

Boeta Swart, stigter van Anchor of Hope, sê danksy die bydrae van sakelui, hou vier spanne van dié welsynsorganisasie al 66 000km² se openbare ruimtes in die stad netjies.

“Die probleem is egter dat boewe gereeld van die toerusting waarmee ons werk, op die perseel steel,” sê Swart.

Riaan Nel, Anchor of Hope se makelaar van Mooirivier-makelaars, sê omdat hy van dié diefstal kennis geneem het, het hy Santam genader om ’n skenking te maak.

Shaaid Seedat, Santam se streeksverteenwoordiger in die Vrystaat en Noord-Kaap, het Woensdag 10 Augustus R15 000 aan Swart oorhandig.

“Ons ondersteun die werk wat Anchor of Hope doen,” het hy tydens die oorhandiging op die verkeersirkel by Bayswater gesê. “Baie mense sien die goeie werk, maar sakelui help om die projek uit te brei en volhoubaar te maak. Santam wil betrokke wees om ons stad mooi te maak.”

Shaaid sê dit is belangrik dat inwoners weer trots op die stad is. “Ons moet vir ons kinders ’n mooi nalatenskap los.”

Swart sê van die ander uitdagings wat hulle het, is dat mense hul bordjies wat oral opgerig word, steel. “Mense gaan gooi ook sommer hul vullis op die plekke wat ons netjies hou, want hulle weet ons sal die sakke wegry. Dit maak ons werk regtig moeilik en is onredelik,” sê hy.
Anchor of Hope maak met die hulp van borge reeds Kenneth Kahundaweg skoon van die Shell Ultra City tot by die Meisieskool Oranje. Een van die groot borge, is Raubex.

Swart sê dié projek skep werk vir heelwat mans en hulle gaan binnekort ook ’n vyfde span hê om met die skoonmaakwerk te help.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.