Die A-span van die Oudstudente-klub het vanjaar weer die Vrystaatse wintermuurballiga, wat van Mei tot September beslis is, gewen. Altesaam agt spanne het saam met dié span in ’n uitklopreeks om die beker meegeding: Saint Andrew’s, Saint Andrew seniors, Saint Andrew’s se B-span, Tempe, Ramblers, Bobbiespark en Oudstudente se B-span. Die vier lede van Oudstudente se seëvierende A-span, wat Maandag op ’n geselligheid as die wenspan in die eerste liga gekroon is, is van links Jacques Watson, HP Olivier, Bennie Pretorius en Kobus van der Vyfer. Foto: Verskaf
Seëvier in muurballiga
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.