Seges gee hoop vir ’23

“ ’n Baie slegte wedstryd” het Saterdag (23/07) die Vrystaatse vrouerugbyspan verhoed om die eindstryd te haal.


“ ’n Baie slegte wedstryd” het Saterdag (23/07) die Vrystaatse vrouerugbyspan verhoed om die eindstryd te haal.

Die span het teen Suidwestelike Distrikte (SWD) in die Rosemore-stadion in George meegeding.

Afrigter Marlize van der Merwe sê egter dit het in die eerste twee wedstryde werklik goed gegaan, met twee goeie oorwinnings.

Die eerste wedstryd was op 2 Julie teen die Griffons, toe die Vrystaters hulle met ’n reuse-telling van 107 – 5 op Old Grey’s se veld afgeransel het.

In die tweede wedstryd op 16 Julie in Kimberley het die Vrystaters met 58 – 17 teen die Griekwas gewen.

Van der Merwe sê hul laaste wedstryd, wat hulle met 24 – 10 verloor het, het in baie slegte toestande plaasgevind, met reën wat uitgesak het.

“Ons het baie nuwe spelers en sien dit as ’n bou-jaar met die oog op ’n goeie volgende seisoen,” meen sy.

Die vroueklubrugbyreeks begin in Augustus.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.