Twee informele gespreksgeleenthede gaan aan beleggers en voornemende beleggers die geleentheid bied om vrae rondom finansiële markte te vra.
Private Wealth Management (PWM) bied op 27 Julie in samewerking met Coronation twee gesellighede by The Famous Brew and Still aan. Beperkte kaartjies is beskikbaar – 40 per geleentheid, wat ’n ligte ete en verwelkomingsdrankie insluit.
Charl Roos van PWM sê die idee met die seminare is om mense agtergrond oor beleggings te gee.
“Daarna wil ons mense se vrae beantwoord. Dit gaan ’n lekker gesellige gespreksgeleentheid wees. Ons gaan onder meer kyk na waar geleenthede vir beleggings is, hoekom dit belangrik is om ’n finansiële beplanner te hê, hoe ’n mens beplan en hoe om risiko en volatiliteit in die mark te bestuur.”
Gaste is welkom om voor die tyd hul vrae te stuur, maar kan ook op die dag vrae aan kenners stel.
Die eerste geleentheid is op 27 Julie om 12:30 en die tweede dieselfde dag om 17:30 vir gaste wat dit nie tydens sake-ure kan bywoon nie.
Kaartjies kos R100 en kan bespreek word deur ’n e-pos na bfn@privatewealth.co.za te stuur, of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 066-299-6246.