Die Vrystaters het skoonskip gemaak tydens die senior-gholfvereniging van Suid-Afrika se nasionale toernooi wat van 31 Maart tot 3 April in Bloemfontein beslis is.
Altesaam 177 spelers van oor die land heen het op die Bloemfontein- en Schoemanspark-gholfbane meegeding.

Die 28 spelers in die Vrystaatspan het gesamentlik die Verenigingtrofee gewen.
Vrystaat Liquidators, bestaande uit spanlede Colin Sorour, Henk Spangenberg en Ken Kahts, was die algehele wenner in die spankompetisie.
Tweede in die spankompetisie was nog ‘n Vrystaat-span, die Schoemies, bestaande uit Paul Deane, Johan Henning, Jaco van der Merwe en Schalk van der Merwe.
In die houespel was Colin Sorour die wenner (212), en tweede was Derek Lunt (136).
In die Stableford-formaat was Henk Spangenberg (80) eerste en Colin Sorour (79) tweede. In die Klas 62 en onder netto-Stableford-formaat was Jaco van der Merwe (75) eerste, terwyl in die Pinehurst-formaat Koos Vosloo en Schalk van der Merwe tweede was. Sepp Schrock was tweede in die vierspel-alliansie.
You must be logged in to post a comment.