Sentraal se skrum was deurlopende dominant maar hulle het in die eerste helfte gesukkel om af te rond. Durbanville is teen halftyd 10-5 voor, ten spyte van hulle teenstanders se voorspeler.
Tralies se skrums was dominant in hulle wedstryd teen Durbanville gewees.

Sentraal het beheer in die tweede-helfte geneem om Durbanville 30-15 in Wellington te klop.

Die spanne neem aan die Six Gun Grill Summer Sport Festival in Wellington deel. Tydens die toernooi word spelers behoorlik getoets. Volgens Johan du Toit, hoof van rugby by Durbanville, het hulle ‘n groep uit hulle 3de en 4de XV en o.16 B en C spanne saam Wellington toe geneem. Dié seuns kan moontlik nog by hulle Noord Suid toernooi groep ingesluit word.

Albei spanne moes snikheet toestande oorkom het wat hulle uithouvermoë getoets het.

Die ontmoeting het twee kontrasterende style uitgestal, met Sentraal wat ‘n fisiese benadering gebruik het terwyl Durbanville gedreig het wanneer hulle ritme gevind en die bal wyd beweeg het.

Sentraal se skrum was deurlopende dominant maar hulle het in die eerste helfte gesukkel om af te rond. Durbanville is teen halftyd 10-5 voor.

Die tweede helfte het heeltemal aan Sentraal behoort, georkestreer deur losskakel Lehanco Malan wat die verrigtinge met taktiese presisie beheer het. Vroeg in die tweede helfte het haker Jarryd Lubbe oor die doellyn geduik om die telling op 10-10 gelyk te maak.

Die Bloemfonteiners het hulle voorwaartse momentum voortgesit en in Durbanville se gebied gekamp. Durbies het ‘n indrukwekkende aanval vanaf ‘n skrum in die 45ste minuut geloods om die wedstryd weer op 15-15 te bring.

Die keerpunt het gekom toe Sentraal verskeie fases aanmekaargeryg het. die Vrystaters het al hoe makliker oor die voordeellyn gekom. Hierdie volgehoue druk het uiteindelik nog ‘n drie gelewer en hulle 20-15 voor gestoot.

Durbanville het op ‘n kritieke tyd balbesit omgekeer maar ‘n steekskop,wat nie in die Kapenaars se guns gehop het nie, het Sentraal die gleentheid gegee om maklik te gaan druk wat die voorsprong na 25-15 verleng het.

Met vier minute oor het Sentraal die laaste sê gehad. ‘n Strafskop vyf meter van die doellyn af het die platform vir hulle voorspelers verskaf om ‘n kragtige hardloper los te laat wat deur Durbanville se verdedigende lyn gebars het en die 30-15 oorwinning verseker het.

Durbanville se verdediging, wat vroeg in die wedstryd goed georganiseerd was, het uiteindelik onder die meedoënlose tweede-helfte druk gekraak, alhoewel hulle byna ‘n troos-drieë in die laaste oomblikke gaan druk het, het Sentraal standvastig gebly.

“Dit was vir ons ‘n goeie geleentheid om teen eerste span te speel,” het du Toit gesê.

Volgens Rohan Erasmus, afrigter van Sentraal, is hulle gelukkig met wat hulle van die spelers gesien het.

“Die seuns begin nou ons nuwe sisteme vertrou en val al mooi in dit in. Ons het ‘n paar kombinasies getoets wat ons aangenaam verras het. Dit maak ons baie positief vir die volgende seisoen,
het Erasmus gesê.

Tralies se haker Jarryd Lubbe is as die speler van die wedstryd aangewys. Sy kraglopies en goeie lynstaan werk het beslis bygedra na Tralies se oorwinning.

“Dit was ‘n taai wedstryd, veral in die hitte maar dit bly lekker,” het Lubbe na die oorwinning gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article