Die bokmakierie is een van die ses voëls wat afgeneem moet word om vir die foto-kompetisie in aanmerking te kom. Blaai deur dié galery om die ander vyf voëls te sien. Foto’s: Verskaf


Die Vriende van die 7Damme-bewarea bied ’n voëlfotografie-kompetisie aan waarvoor deelnemers ses voëls wat in dié bewarea in Bloemfontein voorkom, moet afneem.

Inskrywings word reeds ingewag en deelnemers het tot 31 Maart 2025 om hul foto’s te neem en dit vir die kompetisie in te skryf.

Die bokmakierie is een van die ses voëls wat afgeneem moet word om vir die foto-kompetisie in aanmerking te kom. Blaai deur dié galery om die ander vyf voëls te sien. Foto’s: Verskaf

Kuifkopvisvanger (Malachite kingfisher)

Kolgans (Egyptian geese)

Bloureier (grey heron)

Swartkeelgeelvink (Southern masked weaver)

Gewone janfrederik (Cape robin-chat)

Foto’s wat ingeskryf word, sal op 7Damme se Facebook-blad geplaas word, en lede van die publiek sal vir hul gunsteling-foto’s kan stem. Die drie foto’s met die meeste likes op Facebook sal aan die deelnemers wat dié foto’s ingeskryf het, pryse besorg.

Die ses voëls waarvan deelnemers foto’s moet neem om vir die kompetisie in aanmerking te kom, is: ’n kolgans, bloureier, bokmakierie, kuifkopvisvanger, swartkeelgeelvink en die gewone Janfrederik.

Corneli van den Berg-Quinn, komiteelid van Vriende van 7Damme, verduidelik die kompetisie het ten doel om te wys hoe ryk die voëllewe in die bewarea is.

Die kleure van die voëls op die foto’s moet hul ware kleure weerspieël en duidelik sigbaar wees. Fotograwe moet seker maak dat sonlig en weerkaatsings nie die voëls se kleure op die foto verander nie.

Voëls moet duidelik op die foto’s geïdentifiseer kan word en moet skerp en in fokus wees.

Slegs foto’s wat in die 7Damme-bewarea geneem is, kwalifiseer vir die kompetisie.

Om vir die prys te kwalifiseer, moet deelnemers al ses voëls afneem en dié foto’s teen die sperdatum instuur.

E-pos die foto’s na info@7dams.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.