Binne elkeen is ’n kind – dikwels vergete en afgeskeep – wat die sleutel na waardevolle herinneringe en psigiese groei hou.
Dit is die grondslag na aanleiding waarvan twee professionele mense koppe bymekaar gesit het oor wyses waarop ’n mens met die “binnekind” kontak kan maak.
Alina Garau, ’n kliniese sielkundige met uitgebreide ervaring, en Zarine Roodt, skrywer en ervare aanbieder van werksessies, lei vier sessies wat onder meer behels:
- ’n vierstapproses om die onbewuste te ontsluit waar die binnekind vasgevang is;
- om die emosies te identifiseer wat ’n mens ontmag;
- om die argetipes te herken wat huidige gedragspatrone rig;
- om die trauma te herken wat met die verwonding van die binnekind gepaard gaan en om dit vry te stel; en
- wyses om met die gevange kind kontak te maak.
Belangstellendes kan een of meer van die sessies bywoon. Die aanbieders se werk vervang nie kliniese sielkunde nie, maar werk daarmee saam.
Die tema van die eerste sessie is “woede”, die tweede het te make met “angs en vrees”, die derde oorweeg “skaamte en skuldgevoel” en die laaste sessie se tema is “hartseer en rou”.
Bywoning kos R750 per sessie, wat van 2 April af Saterdae van 08:30 tot 16:00 by Ray Championlaan 7, Rayton, aangebied word. Bespreek en rig navrae by hilda.bouwer@gmail.com.