Roudiens vir Neil (10) Vrydag gehou

Die lewe van jong Neil Shaw (10), wat op Saterdag 7 September in die Bloemfontein Mediclinic oorlede is, word Vrydag om 13:00 by die Laerskool Willem Postma gevier.


Die lewe van jong Neil Shaw (10), wat op Saterdag 7 September in die Bloemfontein Mediclinic oorlede is, word Vrydag om 13:00 by die Laerskool Willem Postma gevier.

Huldeblyke van oor Bloemfontein heen het ingestroom vir die familie van Neil, ’n leerling aan Willem Postma, wat op Saterdag 31 Augustus by sy huis ’n hartstilstand gehad het.

Hy is eers na die Emoyamed-hospitaal gehaas, voordat hy in Mediclinic opgeneem is.

Neil het op 4 Augustus ’n tydelike pasaangeër ontvang om sy hartritme te reguleer nadat hy die vorige dag nog ’n hartstilstand beleef het.

Sy toestand was sedertdien kritiek en hy is Saterdag weens komplikasies oorlede.

Liza-May Pieters van Netwerk24 berig dokters het vroeër verlede week lang QT-sindroom by Neil gediagnoseer – ’n toestand wat hartritme kan opjaag en hartaanvalle kan veroorsaak.

Neil se ouers, Willie en Lerie Shaw, het die gemeenskap van Bloemfontein bedank wat vir hulle en hul seun bly bid het.

Op Willem Postma se Facebook-blad skryf dié gemeenskap dat Neil nie net diep spore by Willem Postma laat nie, maar ’n positiewe invloed gehad het op almal om hom.

Benewens sy ouers laat Neil sy broers, Liam (gr. 6) en die tweeling Hein en Henry (gr. 2), agter.

Neil se lewensviering gaan Vrydag om 13:00 aanlyn hier gevolg kan word: Neil se lewensviering

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.