‘n Splinternuwe Toyota Vitz kan gewen word op vanjaar se Carols with the Stars. Doen inkopies by Pick n Pay Preller Walk tot Donderdag 13 November vir R300 of meer, skryf jou naam, van, ID-nommer en kontakbesonderhede agter op jou strokie en gooi dit in die spesiaal gemerkte houers by Preller Walk. FOTO: Lientjie Mentz

‘n Splinternuwe Toyota Vitz 1.0 MT is op die spel vir een klant van Pick n Pay Preller Walk wat R300 of meer spandeer en Carols with the Stars op Vrydag 14 November bywoon.

Klante het tot 13 November tyd om hul inkopies hier te doen; hul inligting (naam en van, ID-nommer en selfoonnommer) agterop die strokie te skryf; en dit in die gemerkte houers by die winkel te gooi.

Slegs finaliste wat die aand by Carols with the Stars teenwoordig is, staan die kans om die motor te wen. Die trekking vind ná die musiekvertoning plaas. Vyf strokies sal getrek word en die finaliste sal elk ‘n sleutel vir ‘n Toyota Vitz ontvang. Die sleutel wat die motor oopsluit, wen dié splinternuwe motor. Vanjaar se Carols with the Stars beloof om ‘n onvergeetlike aand te bied, met die gewilde Afrikaanse sanger Refentse en sy orkes op die verhoog.

Carols with the Stars 2024 by die Laerskool Willem Postma. FOTO: Lientjie Mentz

Ná sy vertoning op die aand van Carols with the Stars gaan Cèzanne Yzelle en Mario Lategan die voorsang lei van die bekendste Kersfeesliedjies wat die gehoor kan saamsing.

Carols with the Stars word weer vanjaar op die Laerskool Willem Postma se sportvelde aangebied.

Toegang kos R10 per persoon en al die geld wat ingesamel word, gaan vir liefdadigheid geskenk word.

Voor die vertoning sal daar van die middag 13:00 af ‘n buitelug-mark wees. Die Carols with the Stars-vertoning begin om 19:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article