Altesaam 20 maande en drie krieketseisoene later is die herstelwerk waar ’n sinkgat op ’n krieketveld by die Hoërskool Sentraal gevorm het, steeds nie voltooi nie.
Werner Pretorius, destyds die DA-wyksraadslid en nou lid van die provinsiale wetgewer, sê die sinkgat op die skoolterrein het verlede jaar op 28 Februarie ontstaan, en dit is dadelik by die owerhede aangemeld.
Die oorsaak hiervan was die stormwaterstelsel wat onder deur die skoolterrein strek, wat ingestort het.
Herstelwerk het begin, maar alles staan nou ’n tweede keer stil omdat die kontrakteurs se kontrak hernu moet word.
Boonop is daar groot kommer oor die komende reënseisoen as dié stormwatertoevoer nie spoedig voltooi word nie.
- Lees aanlyn meer op BloemNuus se blad op netwerk24.com.