Karatekas van Gojukai in Bloemfontein wat ingesluit is in die Suid-Afrikaanse span wat in 2025 aan die internasionale kampioenskapsbyeenkoms in Japan gaan deelneem, werk hard om geld vir die uitstappie in te samel. Hulle het op 28 September blik geskud by die verkeerslig op die hoek van Unielaan en Aliwalstraat. Op Vrydag 8 November bied die klub ’n pretloop van 2 km en 4 km by Inibos aan. Deelnemers betaal R50 en word aangemoedig om prettige kostuums vir die pretloop aan te trek. Die ’n wegspringtyd is om 18:00.Foto: Verskaf