Skenkings van diesel is nou nodig vir die nuutste projek van Droogtehulp SA om boere in die droë dele van Noordwes en die Noord-Kaap te ondersteun.
Jan Lotz van Droogtehulp SA sê dié organisasie gaan van 28 Augustus tot 4 September 20 bakkies met voer vir dié boere se diere aflewer.
“Om dit moontlik te maak benodig ons nou diesel vir hierdie projek genaamd Gooi Mielies.” Hy is van nou tot met die begin van die projek elke weeksdag van 07:00 tot 09:00 en elke Saterdag van 07:00 tot 13:00 by Hinterland se vulstasie in Curierylaan waar mense diesel kan skenk.
“Een kannetjie diesel van 5 liter gaan jou so tussen R70 en R75 kos. Elke bietjie diesel vir dié projek sal baie help.”