Tyd raak min om jou skenking van R30 te doen en só ’n kans te staan om die splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus in Engo se Projek van Hoop te wen.
Die kompetisie sluit op 30 September.
Vir ’n minimum skenking van R30 kan jy in aanmerking kom om dié oulike Suzuki-sportnutsvoertuig ter waarde van R165 000 wen.
Saterdag (03/09) kan dié motor op die Franse Mark by Villa Avianto in Kwaggafontein besigtig word. Jy kan sommer daar jou skenking doen en jou inskrywing verdien.
Die span van Engo sal ook van 3 tot 24 September elke Saterdag op die Be Human-familiemark op Middelwater wees, waar kaartjies beskikbaar sal wees.
Kaartjies is ook by al Engo se kantore in die Vrystaat te kry. Nog makliker – skenkings van R30 elk kan by engo.co.za gedoen word.
Die Suzuki S-Presso GL Plus is een van die beste keuses op die mark as dit by waarde vir geld kom.
Dié motor sal onder meer die volgende aan die gelukkige wenner bied:
- ’n 1.0 liter-enjin;
- elektriese ruite voor;
- ’n raak-inligtingskerm met tru-kamera;
- Apple CarPlay en Android Auto;
- Bluetooth-werking;
- AUX/USB-verbinding;
- lugversorging;
- ABS-remme;
- bykomende beperkingstelsel-lugsakke (SRS-lugsakke) voor;
- 239 liter-bagasieruimte; en
- ’n outomatiese sentrale sluitstelsel.
Vyf finaliste sal op 27 Oktober aangekondig word.
Rig navae oor die projek by 060-548-5543.