Skenker bemagtig skool

Danksy ’n ruimhartige skenking van R100 000 van Standard Bank, kan die Tswellang Spesiale Skool nou allerlei toerusting koop om leerlinge te help.


Danksy ’n ruimhartige skenking van R100 000 van Standard Bank, kan die Tswellang Spesiale Skool nou allerlei toerusting koop om leerlinge te help.

Die skool, wat voorsiening maak vir leerlinge met gestremdhede van gr. R tot gr. 9, asook beroepsgerigte onderrig bied, het talle leerlinge met spesiale behoeftes.

Talle van die leerlinge kan byvoorbeeld nie skryf nie en het spesiale rekenaarmuise nodig om hul klaswerk op rekenaars in die klas te doen.

Hierdie toerusting is baie duur en daar is talle leerlinge wat danksy beter toerusting, vinniger in die klas sal kan vorder. Van die toerusting sluit in muise wat leerlinge met hul voete hanteer, ander is spesiaal ontwerpte sleutelborde wat werk op die rekenaar vergemaklik.

Daar gaan ook looprame en spesiale rolstoele gekoop word – onder meer rolstoele wat leerlinge wat net met een hand kan stuur, te help.

Verna Vorster, skoolhoof van Tswellang, sê die groot skenking gaan regtig baie help om noodsaaklike toerusting te koop om leerlinge te help.

“Dit gaan werklik lewens verander,” het sy op die oorhandiging op 11 November by die skool gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.