Klante van die Southern Centre-inkopiesentrum in Fichardtpark kon van 1 tot 24 Desember skenkings aan Engo maak. By oorhandiging van die geskenkte produkte is van links Mark Robertson (Southern Centre), Dewet Claassens (Engo), Ainslee Oosthuyen (Spotted Apple) en Alda Fourie (Xcellenté Business Solutions).Foto: Verskaf


In die feestyd het die Southern Centre-inkopiesentrum in Bloemfontein ’n veldtog begin om in die seisoen van gee aan die gemeenskap terug te gee.

Die liefdadigheidsorganisasie Engo het wenslysies vir van sy programme gegee, waarvolgens besoekers en klante skenkings kon doen.

Van 1 tot 24 Desember kon skenkings van nie-bederfbare goedere en toiletware volgens die lysie vir Engo se kinder- en jeugsorgsentrums, asook bejaardesorgsentrums, geskenk word.

Die ingesamelde artikels is op Donderdag 12 Januarie aan verteenwoordigers van Engo oorhandig.

Mark Robertson van die Southern Centre sê hulle is dankbaar vir klante se deelname aan die projek.

“Ons bedank elkeen wat ’n skenking gedoen het en sodoende ’n verskil in die gemeenskap help meebring.”

You need to be Logged In to leave a comment.