As deel van die Vrystaatse Voortrekkers se gemeenskapsprojek het Voortrekkers van die Hoërskool Fichardtpark saamgespan en op 5 Augustus altesaam 60 trooskomberse aan kinders by die plaaslike CHOC-huis geskenk.
CHOC bied ondersteuningsdienste en sorg aan kinders met kanker en hul familielede.
Die Voortrekkers het ook ’n kruietuin met vars kruie vir die kombuis by CHOC-huis in Universitas gevestig.
Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Vrystaat-Voortrekkers, sê kommando’s oor die provinsie heen doen muntleggings ten bate van dié CHOC-huis, en die projek sluit einde Augustus af.