Skenkings help seuns

Die Hospice-liefdadigheidswinkel bedryf ’n insamelingsprojek vir die 11 inwoners van die Carpe Diem-jeugsorgsentrum.


Die Hospice-liefdadigheidswinkel bedryf ’n insamelingsprojek vir die 11 inwoners van die Carpe Diem-jeugsorgsentrum.

Dié insameling is die geesteskind van Phoebe Pretorius.

“Altesaam 11 seuns van twee tot 20 jaar gaan daar tuis,” sê sy.

“Slegs R40 per seun is vir toiletware beskikbaar. Ons wil graag help deur elke maand toiletware en klere aan hulle te skenk. Ons wil ook vir elkeen ’n tas gee waarmee hulle naweke of vakansies huis toe kan gaan.”

Skenkings kan by die winkel afgegee word, asook by MedFM se kantoor by President Steynstraat 64, Westdene.

’n Lys van benodigdhede kan verkry word deur die huismoeder by 065-831-5271 te bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.