Skermers gepantser vir deelname in Nigerië

Bloemfonteinse skermers het Donderdag (17/02) na Lagos, Nigerië, vertrek vir die Afrika-skermkampioenskapsbyeenkoms vir juniors.


Van links is Jürgen Schröder (afrigter), Miguel Ribeiro en Berné Beukes, wat aan die Afrika-kampioenskapsbyeenkoms vir juniors in Nigerië gaan deelneem.Foto: Verskaf

Chris en Jaco Jordaan van St. Andrews in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Bloemfonteinse skermers het Donderdag (17/02) na Lagos, Nigerië, vertrek vir die Afrika-skermkampioenskapsbyeenkoms vir juniors.

Miguel Ribeiro, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Fichardtpark, en Berné Beukes, ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Sentraal, is deel van die Suid-Afrikaanse span wat in dié kampioenskap meeding.

Hulle is lede van die Vrystaat-amateurskermklub en word deur Jürgen Schröder afgerig.

Dié skermers, asook skermers van die Kovsie-skermklub, het op 4 en 5 Februarie aan die Oos-Kaapse ope kampioenskapsbyeenkoms in Gqeberha gaan deelneem.

Berné het goud in die sabelkompetisie vir senior vroue gekry, silwer in die floret-afdeling vir vroue o.20 en brons in die floret vir vroue o.17.

Cecilia Nieuwenhuis het veteranegoud in die degen-afdeling vir senior vroue ontvang.

Renier Veitch het goud gekry in die sabel-kompetisie vir senior mans.

Schröder het veteranegoud verower in die degen-afdeling vir senior mans, asook veteranegoud in die sabel-afdeling vir senior mans.

  • Nog twee skermers van Bloemfontein, die broers Chris en Jaco Jordaan van die St. Andrew-skool, onderskeidelik in gr. 9 en gr. 12, is ook in die span ingesluit. Chris word deur Veitch afgerig.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.