KANSA

Gaste by die geselligheid was van links Sanet Olivier, Dalene Prinsloo (verteenwoordiger van The M Store), Dr. Ilse De Wit (Reik na Herstel), Elsabe Van Schalkwyk, Marie Cornellisen, Liza Oosthuizen en Alice Moller.
Met die fokus op borskankermaand het ’n groep vroue oor die stad heen spesiale KANSA-tee-gesellighede aangebied.

Om aan Covid-19-regulasies te voldoen, is verskillende gesellighede op Saterdag 31 Oktober by verskeie plekke oor die stad heen aangebied.

Elke gasvrou kon haar tafel dek en die hoofborg van die KANSA-tee, Spar, het aan elke gas ’n veelkleurige geskenkpak gegee.

The M Store, ’n ortotika prostetika-praktyk het vanjaar ook ’n tafel geborg en het verskeie gaste genooi om by die Jock-Inn-gastehuis in Parkwes aan te sluit vir die geselligheid. 

You need to be Logged In to leave a comment.