
Anne-Marie Klink (skoolhoof van die Hoër Meisieskool Oranje, voor) saam met die skool se 12 toppresteerders.
Hulle is Dinsdag deur die Vrystaatse onderwysdepartement vereer as 12 van die provinsie se beste presteerders in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
Van links is Naretha Swanepoel (namens haar dogter, Rehanjo, 92.4%), Miné Janse van Rensburg (91.0%), Corlia Venter (89.8%), Annemé van Tonder (91.3%), Ebet Bouwer (89.8%), Truné Prinsloo (93.2%), Katia Geustyn (91.0%), Christi Dempers (91.7%), Michelle Strydom (92.0%), Ivanke van Jaarsveld (92.7%), Bea Louw 90.4%) en Jana Campbell (91.4%).
Hulle is Dinsdag deur die Vrystaatse onderwysdepartement vereer as 12 van die provinsie se beste presteerders in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
Van links is Naretha Swanepoel (namens haar dogter, Rehanjo, 92.4%), Miné Janse van Rensburg (91.0%), Corlia Venter (89.8%), Annemé van Tonder (91.3%), Ebet Bouwer (89.8%), Truné Prinsloo (93.2%), Katia Geustyn (91.0%), Christi Dempers (91.7%), Michelle Strydom (92.0%), Ivanke van Jaarsveld (92.7%), Bea Louw 90.4%) en Jana Campbell (91.4%).
Verskaf
Verskeie skole in Bloemfontein het in ’n uitdagende jaar uitstekende uitslae in die 2020-eindeksamen behaal.
Nie net het die Hoër Meisieskool Oranje ’n 100%-slaagsyfer nie, maar hy spog ook met 12 leerlinge in die top-50 in die Vrystaat.
Dít is die meeste nóg vir die skool. Verlede jaar se nege was die vorige rekord.
Die skool het ook nege leerlinge met agt of meer onderskeidings – die meeste in die afgelope dekade. In 2011 het agt matrikulante, teenoor sewe verlede jaar, daarin geslaag. Die 390 vakonderskeidings is ook die meeste in die afgelope tien jaar. Die vorige rekord was 356 in 2015.
Verder is die 39 leerlinge wat ’n gemiddelde van 80% en meer behaal het, ook die meeste in ’n dekade. Dit is tien meer as verlede jaar.
Vanjaar se persentasie leerlinge wat met ’n universiteitsvrystelling geslaag het (97,22%), word net deur 2012 se klas (97,8%) oortref.

Christi Dempers
Mlungisi Louw
Christi Dempers het ook net die vierde Oranjeniet die afgelope dekade geword wat nege onderskeidings behaal het. Ané Heys het dit in 2012 vermag en Marizél Koen en Nieke Fichardt in 2013.
Die skoolhoof, Anne-Marie Klink, sê sy is dankbaar en trots op die leerlinge en haar personeel. “In ’n moeilike jaar het hulle vasgebyt en meer as driedubbeld hul doelwitte bereik.”
Ook Eunice High School for Girls het die 35ste jaar agtereenvolgens ’n 100%-slaagsyfer behaal.
Die skool spog ook met ’n universiteitstoelatingskoers van 97%, 349 onderskeidings, ’n graad-gemiddelde van 72%, en 54 leerlinge wat drie of meer onderskeidings behaal het.
Zinette de Wet, Eunice se skoolhoof, sê dit is net genade van Bo.
“Al die erkenning gaan aan ons onderwysers en die meisies vir hul nalatenskap van deursettingsvermoë en toewyding. Die uitdagings wat hulle in ’n uitdagende jaar oorkom het, moet erkenning kry.”
Ook Braam van Wyk, skoolhoof van die St. Michael-meisieskool, wat die 41ste jaar agtereenvolgens ’n 100%-slaagsyfer behaal het, is trots op die leerlinge en onderwysers.
Dit is ’n bewys dat die leerlinge die leuse, Sukses kweek sukses, nastreef, sê hy.
By die skool het 89,5% van die matrikulante universiteitstoelating gekry. Een leerling het ses onderskeidings behaal en sewe leerlinge het drie onderskeidings gekry.
Adrian Forster, waarnemende hoof van die St. Andrew-skool, is verskriklik trots daarop dat die skool die topleerling in die Vrystaat opgelewer het.
Die skool het ook in 2017 en 2018 die topleerlinge in die provinsie opgelewer.
“Dit getuig van ons seuns se harde werk en dui op konsekwentheid.”
Schalk Malherbe, hoof van die Hoërskool Jim Fouché, wat ook ’n 100%-slaagsyfer behaal het, is dankbaar en trots daarop.
Wikus Vorster van die skool het ’n gemiddelde van 93,7% behaal. Daarbenewens spog die skool met 17 leerlinge wat ’n gemiddelde bo 60% en’n universiteitstoelatingskoers van 94%.
“Ondanks ’n jaar vol uitdagings gaan dit baie goed met die skool. Die skool deel in die leerlinge se vreugde,” sê Malherbe.