Skole kry hupstoot

Ses skole in Bloemfontein het verlede week ’n lekker verrassing gekry toe houers vol splinternuwe skoolklere aan hulle geskenk is.


Ses skole in Bloemfontein het verlede week ’n lekker verrassing gekry toe houers vol splinternuwe skoolklere aan hulle geskenk is.

Willie Grové, eienaar van Awerbuchs Bargain House, wou graag ’n helpende hand na skole in die stad uitreik.

“Ons het besluit om die voorraad van skoolklere in ons pakkamers aan die skole te skenk en ons hoop dit sal vir ouers van leerlinge wat dit nodig het, uitkoms bring.”

Hy sê al die klere wat aan die Laerskool Pres. Brand, EduPlus, die Hoërskool Jim Fouché, die Laerskool Sentraal, die Laerskool Brandwag en die Hoër Tegniese Skool Louis Botha geskenk is, nuut van die verskaffers ontvang is en was in die winkel te koop.

“Ons het besluit om dié skole se klere nie meer te verkoop nie en het gekies om ’n projek te begin om dit vir die betrokke skole te skenk,” sê Grové.

Louis Smith, hoof van Pres. Brand, het Awerbuchs bedank.

“Ons gaan dit beslis gebruik vir ons skool se Omgee-projek,” het hy op 13 September gesê toe die skool die skenking in ontvangs geneem het.

Die klere wissel van skoolbaadjies en truie tot skoolrokke en sal teen ’n heelwat laer prys as gewoonlik aan behoeftige kinders beskikbaar gestel word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.