Danksy ‘n milde bydrae van komberse wat leerlinge van Saailand Pre-Primêr, die Bambi-kleuterskool, Eunice High School, Grey Pre-Primêr en
St Andrew’s School Bloemfontein aan Radio Rosestad se Warm Winterkombers-projek geskenk het, het die span van Rosestad die komberse aan Engo oorhandig.
Die span van Rosestad het op 6 Junie 427 komberse aan Engo-gesinsorg in Bloemfontein oorhandig.
Die komberse sal op Mandeladag, 18 Julie, aan kinders en gesinne in nood in Turflaagte, Bloemspruit, Bainsvlei, Estoire en Joe Slovo versprei word.
Die insameling by die skole het in Mei plaasgevind, en leerlinge het onder die aansporing van Engo se gelukbringer, Omgie, komberse skool toe gebring as skenkings.
■ Kaartjies vir Engo se Projek van Hoop is nou by Engo se kantore oor die Vrystaat heen beskikbaar, asook aanlyn op engo.co.za.
‘n Splinternuwe Renault Kwid Climber ter waarde van R222 000 is in ‘n gelukstrekking op die spel.
Die minimum skenking vir ‘n kaartjie is R50.
Die sluitingsdatum is 30 September.