Enkele uitblinkers van die Hoërskool Sand du Plessis is van links Douglas Benbrook, Aggang Papo, Botshelo Rampai en Jay-Dene Dahli.Foto: Verskaf


Die Hoërskool Sand du Plessis het sy uitblinkers op sy prysuitdeling op 17 Oktober aangewys.

Die veelsydigste leerling is Douglas Benbrook. Hy was in die eerste rugby-, eerste krieket- en eerste hokkiespan en was kaptein van die blackball-span, die Vrystaat-blackball-span en dié o.18-span. Douglas het 13 visse in die Vrystaat-koi-kompetisie ingeskryf. Hy is ook ’n topatleet.

Aggang Papo is die junior sportman van die jaar. Hy het die o.16-Kiewiet-rugbyspan gehaal.

Die junior sportvrou van die jaar, Botshelo Rampai, is vir die Vrystaat-o.14A-netbalspan gekies en het vir die skoolspan gespeel.

Jay-Dene Dahli (gr. 11), senior sportvrou van die jaar, was lid van die Vrystaat-o.21-aksienetbalspan en netbalkaptein van die skool.

You need to be Logged In to leave a comment.