Die Lettie Fouché-skool vier in 2023 sy 70ste bestaansjaar.

Vele projekte is reeds begin om hierdie viering spesiaal te maak. Hiervoor benodig die skool ook die publiek se hulp.

Adell Holtzhausen van die skool vra dat oud-onder­wysers, leerlinge en ander betrokkenes by die skool met die skool sal kontak maak sodat ’n databasis opgestel kan word.

“Ons beplan iets groots, en dit sal vir ons ’n eer wees as alle oudleerlinge en onder­wysers in gees of in vlees deel daarvan sal wees.”

Lettie Fouché het metBloemnuushande gevat om die skool te help met ’n spesiale verjaardaguitgawe om die geskiedenis met almal te deel. So ’n projek sal net met die onder­steuning van die gemeenskap ’n sukses wees.

Enigeen kan op ander maniere ook by die skool en sy bedrywighede betrokke raak.

Om deel te word van die verjaardagprojek, of vir meer inligting oor die skool, maak kontak deur e-pos te stuur na arbeids2@lfskool.co.za of media2@lfskool.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.