Die onderhoudswerk en skoonmaakproses van die Hamilton-reservoir in Bloemfontein is afgehandel en die netwerk tap nou weer vol water.
Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro, sê sommige dele van die noordelike woonbuurte sal van vanaand af weer water kry, afhangend van die watergebruik – veral in hoogliggende dele.
Khedama sê dele van Soutpan wat deur wateronderbrekings geteister is, sal ook nou geleidelik water kry.
“Weens die hoë gebruik, sal daar in sommige dele nog lae waterdruk wees. Dit behoort met verloop van tyd beter te raak.”
Hy sê die metro sal voortgaan om die watergehalte van die metro te verbeter.