Net voordat Bloemskou Donderdag (27/04) volstoom begin het, is 519 kinders van drie instansies op Woensdag 26 April by die pretpark met gratis ritte en Ola-roomys bederf. Fun Carnival het vanjaar weer die Joy for Charity-geleentheid moontlik gemaak sodat kinders van Engo-jeugsorgsentrums, Angel Arms, asook Lebone-huis, skoupret kon ervaar. Elmarie Prinsloo (regs, uitvoerende hoof van Bloemskou), sê die geleentheid is ’n manier om terug te gee aan die gemeenskap en ’n glimlag op kinders se gesig te plaas. Saam met haar is Louw Pretorius (Fun Carnival) en Marinique du Plessis (Engo). Daar is nog baie op Bloemskou se program voordat dit Saterdag (06/05) tot ’n einde kom. Loer op bloemskou.co.za vir meer inligting oor die aktiwiteite.Foto: Lientjie Mentz


Skou nog op galop

You need to be Logged In to leave a comment.