Skrootwerfeienaar in hegtenis

Die eienaar van ’n skrootwerf in Brandfort is Sondag (07/08) om 16:30 deur die polisie in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde koperkabels op die perseel gevind is


Die eienaar van ’n skrootwerf in Brandfort is Sondag (07/08) om 16:30 deur die polisie in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde koperkabels op die perseel gevind is.

Die inhegtenisneming van die man (51) volg op inligting wat die Brandfort-polisie ontvang het van vermoedelik gesteelde eiendom by die skrootwerf.

Kapt Stephen Thakeng sê in ’n nuusverklaring die perseel is Sondag deursoek en sakke met vermoedelik gesteelde koperkabels is gevind.Die man sal binnekort in die Brandfort-landdroshof verskyn op klagte van besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.