Die Hoër Meisieskool Oranje se o.16A-hokkiespan was op 24 Augustus die wenner van die Vrystaatbeker-kompetisie, wat in Bloemfontein aangebied is. Die span het ook die stadsliga gewen deur Jim Fouché in die halfeindstryd en Eunice in die eindstryd te klop. Vir sy sege in die Vrystaatbeker het die span met die Hoërskool Trio, die Goudveld-Hoërskool en die Hoërskool Voortrekker afgereken. Die span is van links, voor: Louise Oehlschig, Nina Bressler, Janet Jordaan, Anneh Keyser, Nika Joubert, Louise Scholtz, Lee-Ann Britz en Bernadine Koen