Skrywers genooi om manuskripte vir jong lesers in te skryf

NB-Uitgewers nooi skrywers om ongepubliseerde manuskripte in Afrikaans in te skryf vir ’n jeugboekkompetisie in 2023.


NB-Uitgewers nooi skrywers om ongepubliseerde manuskripte in Afrikaans in te skryf vir ’n jeugboekkompetisie in 2023.

Die kompetisie bestaan uit twee afdelings: vir manuskripte vir lesers 8 tot 12 jaar oud (tot ongeveer 20 000 woorde) asook vir tiener- of jongvolwasseneverhale (tot ongeveer 50 000 woorde) vir lesers ouer as 13 jaar.

Die prysgeld is R50 000 vir die wenner-kinderverhaal en R50 000 vir die wenner-jongvolwassene- of tienerverhaal.

Inskrywings word deur ’n paneel van lesers beoordeel.

Die wenners se boeke sal deur NB-Uitgewers se drukname Tafelberg en Human & Rousseau gepubliseer word.

Die beoordelaars is op soek na oorspronklike, onweerstaanbare en hoogs vermaaklike Afrikaanse manuskripte. Selfs vir skrywers wat nie wen nie, is daar die moontlikheid van publikasie by NB-Uitgewers, sou die beoordelaars die manuskrip aanbeveel.

Verdere inligting, kompetisiereëls en ’n inskryfvorm is verkrygbaar by nb.co.za.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 November.

Die wenners sal in April 2024 bekendgemaak word en die boeke sal later in 2024 op die rakke wees.

Rig navrae aan Astrid van Staden by Astrid.vanStaden@nb.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.