Die kortlys vir Lapa-uitgewers se jeugromankompetisie vir 2023 is bekend.
Die kompetisie word elke tweede jaar aangebied en trek groot name, soos Annelie Ferreira (Dit het alles begin by ‘n hond), Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë) en Nerine Ahlers (Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit).
Die prysgeld is R60 000, en selfs skrywers wat nie in die top drie is nie, se werk staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.
Die kortlys, in geen spesifieke volgorde nie, is:
Die dertiende dag in Chengdu – De Wet Hugo;
‘n Spinasie-situasie – Nerine Ahlers;
Bravo! Charlie – Jacolet van den Berg;
Ek is Elisabeth – Nerine Ahlers;
‘n Hart van groen – Annelie Ferreira;
Ons laaste legendariese somer – Fanie Viljoen;
Quinn se jaar van kwik – Zelda Bezuidenhout;
Sterstof – Annerle Barnard;
Ver-volg-verhaal – Francois Bloemhof;
Dodelike diamantjie – Jan Vermeulen; en
Vrou met vonk – Helene de Clercq.
Die wenners word op Woensdag 13 Maart om 20:00 regstreeks op die Lekkerleesboekrak op Facebook bekend gemaak. Skrywer Marion Erskine en smaakmaker Anschen Conradie sal die verrigtinge lei.